Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 32:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Israeliete het gesien Moses bly baie lank op die berg. Hulle het by Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: “Kom, maak vir ons ’n god wat vir ons kan wys waarnatoe ons moet gaan. Hierdie man Moses het ons uit Egipte gebring, maar ons weet nie waar hy nou is nie.”

2. Aäron sê toe vir hulle: “Haal af die goue ringe wat aan julle vroue, julle seuns en julle dogters se ore is. Bring dit alles vir my.”

3. Toe haal al die mense die goue ringe van hulle ore af en hulle bring dit vir Aäron.

4. Hy het dit geneem en gesmelt. Hy het ’n beeld van ’n bul-kalf daarvan gemaak. Toe sê die Israeliete: “Hierdie is ons god, hy het ons uit Egipte gebring.”

5. Toe Aäron dit sien, het hy ’n altaar voor die beeld gebou en gesê: “Môre vier ons ’n fees vir die Here.”

6. Hulle het vroeg die volgende oggend opgestaan en hulle het brand-offers en ete-offers na die altaar gebring. Die Israeliete het gaan sit om te eet en hulle het wyn gedrink. Daarna het hulle opgestaan en wild feesgevier.

7. Die Here het vir Moses gesê: “Gaan af van die berg en gaan na jou volk toe wat jy uit Egipte gebring het. Hulle het groot sonde gedoen.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 32