Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:28-33 Bybel vir Almal (ABA)

28. Die middelste dwarspaal tussen die rame moet lank wees, van een kant tot by die ander kant.

29. Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud.

30. Julle moet die tempel-tent maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.

31. “Julle moet vir die tempel-tent ’n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur.

32. Julle moet vier doringhout-pale oortrek met goud en julle moet vier goue hake daaraan vassit. Julle moet vir die pale vier voetstukke van silwer maak.

33. Dan moet julle die gordyn ophang aan die hakies en julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, neersit agter die gordyn. Die gordyn moet die gewyde kamer skei van die hoog-gewyde kamer.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26