Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:22-37 Bybel vir Almal (ABA)

22. Vir die westekant van die tempel-tent moet julle ses rame maak,

23. en ook twee rame op elke hoek van die tent.

24. Julle moet die hoekrame sterker maak van onder tot by die boonste ring. Dit is die hoekrame.

25. Die rame aan die westekant moet almal saam ag wees, en 16 voetstukke van silwer.

26-27. Julle moet dwarspale maak van doringhout, vyf dwarspale vir die rame aan drie kante van die tempel-tent, aan die noordekant, die suidekant en die westekant.

28. Die middelste dwarspaal tussen die rame moet lank wees, van een kant tot by die ander kant.

29. Julle moet die rame oortrek met goud. Julle moet vir hulle goue ringe maak en julle moet die dwarspale deur die ringe steek. Julle moet die dwarspale ook oortrek met goud.

30. Julle moet die tempel-tent maak presies soos Ek vir jou op die berg gewys het.

31. “Julle moet vir die tempel-tent ’n gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Julle moet gerubs daarop borduur.

32. Julle moet vier doringhout-pale oortrek met goud en julle moet vier goue hake daaraan vassit. Julle moet vir die pale vier voetstukke van silwer maak.

33. Dan moet julle die gordyn ophang aan die hakies en julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, neersit agter die gordyn. Die gordyn moet die gewyde kamer skei van die hoog-gewyde kamer.

34. Julle moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, en die deksel neersit in die hoog-gewyde kamer.

35. Julle moet die tafel neersit buitekant die gordyn, en die lampstaander oorkant die tafel in die suidekant van die tempel-tent. Die tafel moet in die noordekant staan.

36. Julle moet die ingang van die tent toemaak met blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.

37. Julle moet dit ophang aan vyf pale van doringhout. Julle moet die pale oortrek met goud en julle moet vir hulle vyf voetstukke van brons maak. Daar moet hake aan die pale wees.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26