Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:26-35 Bybel vir Almal (ABA)

26. Julle moet ook vier goue ringe maak en julle moet die ringe vassit onder aan die vier hoeke van die tafel, een ring by elke tafel-poot.

27. Die ringe moet naby die rand wees sodat julle dra-pale daardeur kan steek om die tafel te dra.

28. Julle moet die dra-pale van doringhout maak en julle moet dit oortrek met goud. Julle moet die tafel met die dra-pale dra.

29. Julle moet ook skottels en panne en kanne en bakke maak. Julle moet die drank-offers daarmee op die altaar gooi. Julle moet dit alles van skoon goud maak.

30. Julle moet altyd offer-brood vir My neersit op hierdie tafel.”

31. Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n lampstaander van skoon goud maak. Die lampstaander moet ’n voetstuk hê, ’n stam, blomme en blomknoppe. Dit moet alles een stuk goud wees.

32. Daar moet ses arms aan die lampstaander wees: drie arms aan die een kant en drie arms aan die ander kant.

33. Daar moet drie blomme aan elke arm wees. Hulle moet lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome.

34. Daar moet vier blomme aan die stam wees. Hulle moet ook lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome.

35. Waar twee arms van die lampstaander bymekaarkom, moet daar ’n blomknop wees.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25