Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 25:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet met die Israeliete praat en sê hulle moet elkeen vir My ’n present bring. Elkeen moet self besluit wat hy vir My wil gee, en julle moet sy present aanvaar.

3. Hier is ’n lys van presente wat die mense mag gee en wat julle mag aanvaar: goud, silwer, brons,

4. blou, pers of rooi wol-materiaal of linne-materiaal of bokhaar-materiaal.

5. Hulle mag ook skaapvelle bring wat hulle rooi gekleur het, velle wat hulle sag gemaak het, doringhout,

6. olyf-olie vir die lampe, balsem vir die salf-olie en vir wierook,

7. oniks en ander edelstene om op die priester se skouer-kleed en borssak vas te sit.

8. “Julle moet dan vir My ’n tempel bou sodat Ek tussen julle kan woon.

9. Ek het vir jou gewys hoe julle die tempel-tent moet maak, en ook alles wat daarin moet wees. Julle moet dit presies maak soos Ek vir jou gewys het.”

10. Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n kis van doringhout maak. Dit moet twee en ’n halwe el lank, een en ’n halwe el breed en een en ’n halwe el hoog wees.

11. Julle moet dit oortrek met skoon goud, binne en buite, en julle moet dan ’n rand van goud rondom die kis se kante sit.

12. Julle moet vier goue ringe maak en julle moet dit vassit aan die onderste vier hoeke van die kis. Daar moet twee ringe aan die een kant wees en twee ringe aan die ander kant.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 25