Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 20:13-21 Bybel vir Almal (ABA)

13. “Jy mag nie iemand vermoor nie.

14. “Jy mag nie egbreuk pleeg nie.

15. “Jy mag nie steel nie.

16. “Jy mag nie leuens vertel oor ander mense nie.

17. “Jy mag nie ’n ander mens se huis vir jouself wil hê nie. Jy mag nie ’n ander man se vrou vir jouself wil hê nie, ook nie sy slaaf of slavin, sy bees of sy donkie, of enige iets wat aan ’n ander mens behoort nie.”

18. Al die mense het die donderweer en die ramshoring gehoor. Hulle het ook die weerlig gesien en die berg wat vol rook is. Toe die mense dit sien, het hulle gebewe en hulle het ver weg bly staan.

19. Hulle het vir Moses gesê: “As jý met ons praat, dan sal ons luister, maar God moenie met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”

20. Moses het vir die mense gesê: “Julle moenie bang wees nie, want God het gekom om julle te toets. God wil hê julle moet Hom eer en julle moenie sonde doen nie.”

21. Die mense het toe ver weg bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolk waar God was.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 20