Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 18:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die ander seun se naam was Eliëser. Moses het gesê: “Die God van my pa het my gehelp en Hy het my gered toe die farao my wou doodmaak.”

5. Jetro, Moses se skoonpa, het nou Moses se twee seuns en sy vrou na hom toe gebring. Moses het daar in die woestyn by die berg van God sy tente opgeslaan.

6. Jetro het ’n boodskap vir Moses gestuur. Jetro het gesê: “Ek, jou skoonpa Jetro, kom na jou toe, en jou vrou en haar twee seuns kom ook saam.”

7. Moses het sy skoonpa gaan ontmoet. Hy het voor hom gebuig en hom gesoen. Hulle het vir mekaar gevra hoe dit gaan en hulle het in Moses se tent ingegaan.

8. Moses het vir sy skoonpa alles vertel wat die Here met die farao en die Egiptenaars gedoen het omdat die Here die Israeliete wou help. Hy het ook vertel van al die probleme wat die Israeliete gehad het voordat hulle by die berg van God gekom het, en hoe die Here hulle gered het.

9. Jetro was bly oor al die goeie dinge wat die Here vir die Israeliete gedoen het toe Hy hulle gered het van die Egiptenaars.

10. Jetro het gesê: “Ek prys die Here wat julle gered het van die Egiptenaars en van die farao.

11. Nou weet ek dat die Here groter is as al die gode. Hy het die Israeliete gered toe die Egiptenaars baie slegte dinge aan hulle gedoen het.”

12. Jetro, Moses se skoonpa, het ’n brand-offer en ander offers vir God gebring. Aäron en al die leiers van die Israeliete het gekom om die offer-ete saam met Moses se skoonpa te eet.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 18