Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 18:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jetro was die priester van die land Midian en hy was Moses se skoonpa. Hy het alles gehoor wat God vir Moses en vir die Israeliete gedoen het toe Hy hulle uit Egipte gebring het.

2. Moses het voorheen sy vrou Sippora teruggestuur na sy skoonpa Jetro toe. Jetro het nou vir Sippora

3. en haar twee seuns teruggeneem na Moses toe. Die een seun se naam was Gersom. Moses het gesê: “Ek was ’n vreemdeling in ’n vreemde land.”

4. Die ander seun se naam was Eliëser. Moses het gesê: “Die God van my pa het my gehelp en Hy het my gered toe die farao my wou doodmaak.”

5. Jetro, Moses se skoonpa, het nou Moses se twee seuns en sy vrou na hom toe gebring. Moses het daar in die woestyn by die berg van God sy tente opgeslaan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 18