Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 16:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Nadat die Israeliete weggegaan het van Elim, het hulle in die Sin-woestyn gekom. Dit was tussen Elim en Sinai. Dit was die 15de dag van die tweede maand nadat hulle weggegaan het uit Egipte.

2. Die Israeliete het daar in die woestyn begin om vir Moses en Aäron te beskuldig.

3. Die Israeliete het vir hulle gesê: “Ons wens die Here het ons in Egipte laat sterf. Daar het ons baie vleis en genoeg kos gehad om te eet. Nou het julle ons na hierdie woestyn gebring, en ons sal almal hier van honger sterf.”

4. Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nou vir julle brood uit die hemel laat reën. Die mense moet gaan en hulle moet genoeg optel vir elke dag. So sal Ek kan sien of hulle wil doen wat Ek sê.

5. As hulle op die sesde dag die kos regmaak wat hulle opgetel het, dan sal daar twee maal meer kos wees as op die ander dae.”

6. Moses en Aäron het vir al die Israeliete gesê: “Vanaand sal julle weet dat dit die Here is wat julle laat weggaan het uit Egipte.

7. En môre sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn. Hy het gehoor wat julle van Hom praat. Hoekom beskuldig julle vir my en Aäron? Ons is nie belangrik nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 16