Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 15:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Hy het die faraose oorlogkarreen sy soldatein die see gegooi,die farao se beste soldatehet in die Riet-see verdrink.

5. Die water het hulle toegemaak,hulle het diep ondertoe afgesaken gesink soos klippe.

6. Here, u regter-hand is baie sterk,u regter-hand, Here,slaan die vyand dood.

7. Ja, U is die Groot God,U trap almal plat wat teenU oorlog wil maak.As U kwaad is,dan brand U hulle wegsoos droë gras.

8. Die asem wat uit u neus kom,is soos ’n sterk wind.Dit het die water gekeer,en die water het hoog gestaansoos ’n muur,die diep waterin die middel van die seehet stil geword.

9. Die vyande het gesê:‘Ons sal die Israeliete volgen jaag en onssal hulle vang.Ons sal hulle goed vaten ons sal dittussen ons verdeel.Ons sal alles kry wat ons wil hê.Ons sal ons swaarde uithaalen ons sal hulle doodmaak.’

10. Maar U het u wind laat waai,en die see het hulletoegemaak.Hulle het soos loodin die diep water gesink.

11. Here, wie is soos U?Nie een van die gode nie.Wie kan doen wat U kan doen?Wie is so heilig soos U?Niemand nie.Almal eer U en singvan die wonderlike dingewat U doen.

12. U het u regter-handuitgesteek, en die aardehet u vyande ingesluk.

13. U het gedoenwat U belowe het,U het u volk verlosen gelei.U het met u krag u volk gebringna u gewyde woonplek.

14. Die ander volkehet daarvan gehooren hulle het gebewe.Die mense van Filistyne-landhet baie bang geword.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 15