hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 34 Bybel vir Almal (ABA)

Moses sterf

1. Moses het uit die Jordaan-vallei in die land Moab gegaan. Hy het opgegaan na Nebo-berg, na die boonste punt van Pisga-berg, oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses die hele land gewys: die land Gilead tot by die stad Dan.

2. Hy het ook vir Moses die hele land Naftali gewys en die land Efraim en Manasse, die hele land Juda tot by die Middellandse See,

3. die Suid-land en die gelyk vallei by die palmstad Jerigo, tot by die stad Soar.

4. Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het toe Ek vir Abraham, Isak en Jakob gesê het dat Ek dit vir hulle nageslag sal gee. Ek het nou die land ook vir jou gewys, maar jy sal nie in daardie land ingaan nie.”

5. Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf. Die Here het gesê hy moet sterf.

6. Die Here het vir Moses begrawe in die vallei in die land Moab oorkant die stad Bet-Peor, en tot vandag toe weet niemand waar sy graf is nie.

7. Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë was nog goed en hy was nog sterk.

8. Die Israeliete het 30 dae lank oor Moses gerou in die Jordaan-vallei in die land Moab. Hulle het die hele tyd lank gerou.

9. Josua seun van Nun het baie wysheid gehad, want voordat Moses gesterf het, het hy sy hande op Josua gesit en hy het Josua die leier gemaak. Die Israeliete het geluister na Josua en hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.

10. Daar was nooit weer ’n profeet soos Moses in die volk Israel nie. Die Here was naby Moses en Hy het baie met hom gepraat.

11. Niemand anders kon al die tekens en wonderwerke doen wat Moses gedoen het nie. Die farao en sy amptenare en sy hele land het dit gesien toe die Here vir Moses na die land Egipte gestuur het.

12. Moses was baie sterk. Niemand anders was so sterk nie en niemand het mense so bang laat word soos Moses nie. Al die Israeliete het dit gesien.