Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:44-52 Bybel vir Almal (ABA)

44. Moses het gekom en hy het al die woorde van hierdie lied vir die volk gesê, hy en Hosea seun van Nun.

45. Nadat Moses dit alles klaar gesê het vir al die Israeliete,

46. het hy vir hulle gesê: “Julle moet alles goed onthou wat ek vandag vir julle gesê het. Julle moet vir julle kinders sê dat hulle alles moet doen wat hierdie wette sê,

47. want dit is belangrik vir julle, dit sal julle laat aanhou lewe en julle sal lank lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”

48. Die Here het daardie selfde dag vir Moses gesê:

49. “Jy moet opgaan teen die Abarim-berge, teen die Nebo-berg in die land Moab oorkant Jerigo, en jy moet kyk na die land Kanaän wat Ek vir die Israeliete gee om aan hulle te behoort.

50. Daarna moet jy sterf op die berg waarteen jy opgegaan het, soos jou broer Aäron ook op Hor-berg gesterf het.

51. Dit sal gebeur omdat julle altwee ontrou was aan My by die water van Meriba-Kades in die Sin-woestyn. Die Israeliete het dit gesien. Julle het nie vir die Israeliete gewys dat julle My eer omdat Ek die heilige God is nie.

52. Ja, jy mag hier staan en jy mag na die land kyk, maar jy sal nie ingaan in die land wat Ek vir die Israeliete gee nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32