Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:37-52 Bybel vir Almal (ABA)

37. Hy sal vra:‘Waar is julle gode nou,die gode wat jullemoet beskerm?

38. Waar is die gode wat die vetvan julle offers eeten die wyn van julle drank-offers drink?Hulle moet nou beginom julle te help,hulle moet julle beskerm.

39. Julle moet nou weet:Dit is Ek, net Ek.Daar is nie nog ’n God nie,net Ek is God.Ek maak dood en Ek laat lewe,Ek maak sieken Ek maak gesond.Niemand kan my volk wegvatvan My nie.

40. Ek tel my hand op na die hemelen Ek belowe, so sekersoos Ek altyd sal lewe:

41. Ek sal my swaard skerpmaaken Ek sal dit styf vashouin my hand.Ek sal my vyande straf oor alleswat hulle gedoen het,Ek sal die mense strafwat My haat.

42. Wanneer Ek my pyle skieten met my swaard kap,dan sal daar baie bloed vloei.Baie mense sal gevangenesword en hulle sal sterf,en die leiers van die vyandesal ook sterf.’

43. Die ander volke moet die volkvan die Here prys,want die Here sal almal strafwat sy dienaarsdoodgemaak het,Hy sal sy vyande straf oor wathulle gedoen het,Hy sal versoening doenvir sy land en sy volk.”

44. Moses het gekom en hy het al die woorde van hierdie lied vir die volk gesê, hy en Hosea seun van Nun.

45. Nadat Moses dit alles klaar gesê het vir al die Israeliete,

46. het hy vir hulle gesê: “Julle moet alles goed onthou wat ek vandag vir julle gesê het. Julle moet vir julle kinders sê dat hulle alles moet doen wat hierdie wette sê,

47. want dit is belangrik vir julle, dit sal julle laat aanhou lewe en julle sal lank lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”

48. Die Here het daardie selfde dag vir Moses gesê:

49. “Jy moet opgaan teen die Abarim-berge, teen die Nebo-berg in die land Moab oorkant Jerigo, en jy moet kyk na die land Kanaän wat Ek vir die Israeliete gee om aan hulle te behoort.

50. Daarna moet jy sterf op die berg waarteen jy opgegaan het, soos jou broer Aäron ook op Hor-berg gesterf het.

51. Dit sal gebeur omdat julle altwee ontrou was aan My by die water van Meriba-Kades in die Sin-woestyn. Die Israeliete het dit gesien. Julle het nie vir die Israeliete gewys dat julle My eer omdat Ek die heilige God is nie.

52. Ja, jy mag hier staan en jy mag na die land kyk, maar jy sal nie ingaan in die land wat Ek vir die Israeliete gee nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32