Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:24-35 Bybel vir Almal (ABA)

24. Hulle sal flou word van honger,hulle sal pes kry,hulle sal nie gesondkan word nie,wilde diere sal hulle opvreeten giftige slangesal hulle pik.

25. Daar sal oorlog weesin die strate,mense sal bang weesen wegkruip in hulle kamers.Niemand sal vry wegkom nie,nie jongmansof jongmeisies nie,nie babas of oumense nie.

26. Ek het gedink Ek sal hullealmal laat sterf,niemand moet onthoudat hulle gelewe het nie.

27. Maar Ek het gedink miskiensal die vyande spoten hulle sal die dingewat gebeur het,verkeerd verstaan.Hulle sal miskien spog en sê:“Ons het hulle self oorwin,die Here het dit nie gedoen nie.” ’

28. Ja, die vyande verstaan dit nie,hulle is nie verstandig nie.

29. As hulle wysheid gehad het,dan sou hulle verstaan hetwat gebeur heten hulle sou geweet hetwat later nog sál gebeur.

30. Een man van die vyandhet 1 000 Israeliete gevolgen gejaag,twee manne van die vyandhet 10 000 Israeliete laat vlug.Maar dit het gebeur omdatdie Rots van die Israelietehulle verkoop het,omdat die Here hulle gelos het.

31. Ja, die Here is ons Rots,die vyande het nie so ’n rots nie,dit moet hulle weet.

32. Hulle is soos ’n wingerdstokwat in Sodom en Gomorragegroei het,’n wingerdstok wat giftigedruiwe dra.

33. Uit daardie druiwekom daar wynwat so giftig is soos slange,dit is wyn wat mense laat sterf.

34. Die Here sê: ‘Ek sal besluitwanneer Ek hulle sal straf.

35. Ek sal die vyande strafoor wat hulle gedoen het,hulle voete gly,hulle sal gou val.Die dinge wat met hullesal gebeur, sal gou gebeur.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32