Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:11-19 Bybel vir Almal (ABA)

11. “Wanneer twee mans baklei, en die een man se vrou kom nader om haar man te help teen die man wat hom slaan, en sy gryp die ander man se geslagsorgane,

12. dan moet julle haar hand afsny, julle moenie jammer wees vir haar nie.”

13. “Jy moenie skelm wees wanneer jy iets weeg of meet nie. Jy moenie twee soorte gewigte, grotes en kleintjies, in jou sak hê nie.

14. Wanneer jy iets meet, dan moet jy nie twee soorte maatlyne, grotes en kleintjies, in jou huis hê nie.

15. As jy lank wil lewe in die land wat jou God die Here vir jou gee, dan moet jy gewigte en mate gebruik wat reg en eerlik is.

16. Want die Here haat dit wanneer mense oneerlik is.”

17. “Julle moet onthou wat die Amalekiete aan julle gedoen het toe julle uit Egipte gekom het.

18. Hulle was agter julle en het julle aangeval toe julle swak en moeg was, hulle het die mense aangeval wat stadig geloop het omdat hulle moeg was. Die Amalekiete was nie bang vir God nie.

19. Julle God die Here sal julle laat wen teen al julle vyande, oral in die land wat Hy vir julle gee om aan julle te behoort en om vir julleself te vat. Dan moet julle al die Amalekiete doodmaak, niemand op die aarde moet hulle onthou nie. Julle moenie vergeet om dit te doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25