Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “Partymaal stry mense en hulle gaan hof toe, en die regter in die hof sê wie is onskuldig en wie is skuldig.

2. As die regter sê dat die persoon skuldig is en dat hulle hom moet slaan, dan moet die persoon gaan lê en die regter moet kyk dat hulle die persoon slaan. Die regter sê hoeveel houe hy moet kry vir die verkeerde ding wat hy gedoen het.

3. Hy mag 40 houe kry, nie meer nie. As hy meer as 40 houe kry, dan verneder hulle hom. Hulle moenie dit doen nie, want hy is ook ’n Israeliet.”

4. “Jy mag nie ’n bees se bek toebind wanneer hy op die dorsvloer werk nie.”

5. “Wanneer broers in dieselfde huis woon, en een van hulle sterf maar hy het nie ’n seun nie, dan mag sy weduwee nie trou met ’n man wat nie familie is van hulle nie. Haar man se broer moet met haar trou en hy moet haar man word.

6. Die eerste seun wat sy kry, moet dan die naam kry van die broer wat gesterf het, sodat die Israeliete sy naam sal onthou.

7. Maar as die broer van haar oorlede man nie met haar wil trou nie, dan moet sy na die poort gaan, na die leiers toe, en sy moet vir hulle sê: ‘My swaer wil nie hê dat die Israeliete die naam van sy broer moet onthou nie, hy wil nie met my trou nie.’

8. “Dan moet die leiers van sy stad die swaer roep en met hom praat. As hy dan daar staan en hy sê: ‘Ek wil nie met haar trou nie,’

9. dan moet sy broer se vrou nader kom waar die leiers dit sien, en sy moet sy sandaal van sy voet afhaal. Sy moet in die man se gesig spoeg en sê: ‘Dit is wat ’n mens doen met ’n man wat nie vir sy broer wil help om ’n nageslag te kry nie.’

10. “Al die Israeliete sal dan sê hierdie man se huisgesin is die huisgesin van die man wat sy sandaal verloor het.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25