hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 22 Bybel vir Almal (ABA)

Diere en ander goed wat wegraak

1. Moses het gesê: “Wanneer ’n bees of ’n skaap van ’n ander Israeliet wegraak, en jy sien die dier, dan mag jy nie stilbly nie. Jy moet die dier terugbring vir sy eienaar, jy móét dit doen.

2. As die ander Israeliet te ver woon of as jy nie weet wie hy is nie, dan moet jy die dier by jou huis hou, en die dier moet by jou bly totdat sy eienaar hom soek. Dan moet jy die dier terugneem na sy eienaar toe.

3. Jy moet dit ook doen wanneer jy ’n donkie of klere of enige iets van ’n ander Israeliet kry wat weggeraak het. Jy mag nie stilbly nie.”

Diere wat val en bly lê

4. “Wanneer jy sien dat ’n ander Israeliet se donkie of sy bees geval het op die pad en daar lê, dan mag jy nie maak of jy niks sien nie. Jy moet die dier help om op te staan, jy móét dit doen.”

Mansklere en vroueklere

5. “Vroue mag nie mansklere dra nie, en mans mag nie vroueklere dra nie. Julle God die Here haat mense wat dit doen.”

Voëlneste

6. “Wanneer jy loop, dan sal jy miskien ’n voëlnes in ’n boom of op die grond kry. As daar kleintjies of eiers in die nes is, en die ma sit op die nes, dan mag jy nie die ma saam met die kleintjies of die eiers vir jouself vat nie.

7. Jy mag die kleintjies of die eiers vir jouself vat, maar jy moet die ma laat gaan, jy móét dit doen. Dan sal dit goed gaan met jou, en jy sal lank lewe.”

Nuwe huise

8. “Wanneer jy ’n nuwe huis bou, dan moet jy ’n muurtjie op die kante van die dak bou. As jy dit nie doen nie, en iemand val van die dak af, dan sal jy skuldig wees wanneer hy sterf.”

Ander plante in ’n wingerd

9. “Jy mag nie ander plante in jou wingerd saai nie. As jy dit doen, dan wy jy alles in jou wingerd aan die Here, die saad van die plante wat jy gesaai het, én die druiwe. Jy moet dan alles vir die Here gee.”

Diere wat ’n ploeg trek

10. “Jy mag nie ’n bees en ’n donkie saam inspan om jou ploeg te trek nie.”

Klere van twee soorte materiaal, en tossels

11. “Jy mag nie klere dra wat jy saam geweef het van wol-garing en linne-garing nie.

12. Jy moet tossels vaswerk aan die vier hoeke van jou bo-kleed.”

Mans en vroue

13. “’n Man trou miskien met ’n vrou en hy het seks met haar en dan hou hy nie meer van haar nie.

14. Hy beskuldig haar en hy praat sleg van haar en sê: ‘Ek het getrou met hierdie vrou en toe ek seks gehad het met haar, het ek gesien dat sy nie ’n maagd was nie.’

15. “Dan moet die vrou se pa en ma vir die leiers in die stad se poort gaan wys dat hulle dogter ’n maagd was.

16. Die pa van die vrou moet vir die leiers sê: ‘Ek het my dogter vir hierdie man gegee om sy vrou te wees, maar hy hou nie meer van haar nie.

17. Hy beskuldig haar en hy sê hy het gesien dat sy nie ’n maagd was nie. Maar hier wys ek nou vir julle dat sy ’n maagd was.’“En dan moet die ouers die vrou se bo-kleed wys waarop sy en haar man die eerste nag geslaap het.

18. Die leiers van daardie stad moet dan die man straf.

19. Hulle moet hom 100 sikkels silwer boete laat betaal en hulle moet die geld vir die pa van die vrou gee, want die man het sleg gepraat van ’n jong vrou van die volk Israel. Die man moet dan die vrou altyd hou, hy mag nie van haar skei nie.

20. Maar as die man reg was, en hulle vind uit dat die vrou nie ’n maagd was nie,

21. dan moet hulle die vrou na haar pa se huis bring, en die mans van die stad moet haar doodgooi met klippe. Sy het ’n verkeerde ding gedoen, sy het skande gebring in die volk Israel. Sy het in haar pa se huis seks gehad met ander mans. En julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met haar nie.

22. “Wanneer ’n man seks het met ’n ander man se vrou en julle vind dit uit, dan moet hulle altwee sterf, die man wat seks gehad het met die vrou én die vrou. Julle moet duidelik wys dat die ander Israeliete nie skuldig is saam met hierdie twee mense nie.

23. Wanneer ’n jongmeisie verloof is aan ’n man en ’n ander man kry haar in ’n stad en hy het seks met haar,

24. dan moet julle hulle altwee na die poort van daardie stad bring en julle moet hulle doodgooi met klippe. Die meisie moet sterf omdat sy nie geskree het nie en die man moet sterf omdat hy seks gehad het met iemand anders se vrou. Julle moet duidelik wys dat julle nie skuldig is saam met hulle nie.

25. Maar as ’n man ’n verloofde meisie in die veld kry en hy verkrag haar, dan moet die man alleen sterf.

26. Julle moenie iets aan die meisie doen nie, want sy het nie iets gedoen waaroor sy moet sterf nie. Dit is soos wanneer iemand ’n ander mens kry en hom vermoor.

27. Die man het die meisie in die veld gekry, en sy het miskien geskree en gevra dat iemand haar moet help, maar daar was niemand om haar te help nie.

28. “As ’n man ’n meisie kry wat nie verloof is nie en hy gryp haar en hy het seks met haar,

29. dan moet die man 50 stukke silwer vir die meisie se pa gee en hy moet met die meisie trou. Hy mag nooit van haar skei nie, want hy het haar verkrag.

30. ’n Man mag nie trou met sy pa se vrou nie. ’n Seun mag nie seks hê met ’n vrou wat by sy pa geslaap het nie.”