Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. “Die voormanne moet dan vir die manne sê: ‘Wie het ’n nuwe huis gebou, maar het nog nie daarin gaan woon nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal ’n ander man miskien daar gaan woon.

6. En wie het ’n wingerd geplant, maar het nog nie van die druiwe geëet nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal ’n ander man miskien die druiwe eet.

7. En wie is verloof aan ’n vrou, maar het nog nie met haar getrou nie? Hy moet teruggaan na sy huis, want as hy in die oorlog sterf, dan sal ’n ander man miskien met die vrou trou.’

8. “Die voormanne moet ook vir die manne sê: ‘Wie het moedeloos en bang geword? Hy moet teruggaan na sy huis sodat hy nie die ander manne ook moedeloos laat word nie.’

9. “Nadat die voormanne met die manne gepraat het, moet hulle offisiere kies en aanstel om hoofde van die leër te wees.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20