Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “Wanneer julle gaan oorlog maak teen julle vyande en julle sien die perde en die oorlogkarre en manne wat meer is as julle, dan moet julle nie bang word vir hulle nie, want julle God die Here is by julle, julle God die Here wat julle uit die land Egipte gebring het.

2. Wanneer julle gereedstaan om oorlog te maak, dan moet die priester nader kom en hy moet praat met julle manne.

3. Hy moet vir die manne sê: ‘Israeliete, julle moet luister! Julle staan nou gereed om oorlog te maak teen julle vyande. Julle moenie moedeloos en bang word nie. Julle moenie skrik en bewe vir hulle nie,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20