Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 18:16-22 Bybel vir Almal (ABA)

16. Julle het dit vir julle God die Here gevra by Horeb-berg toe julle daar bymekaar was. Julle het gesê: ‘Ons wil nie weer die stem van ons God die Here hoor nie, ons wil nie weer hierdie groot vuur sien nie, want dan sal ons sterf.’

17. “Die Here het toe vir my gesê: ‘Hulle is reg,

18. Ek sal vir hulle ’n profeet stuur, die profeet sal een van hulle eie mense wees. Ek sal vir hom sê wat hy moet sê, en hy sal vir hulle alles sê wat Ek vir hom sê.

19. En Ek sal self die persoon straf wat nie luister na wat Ek sê wanneer Ek die profeet stuur nie.

20. Maar as ’n profeet dink hy mag iets sê wat Ek nie gesê het hy moet sê nie, dan moet daardie profeet sterf, ook as die profeet sê ander gode het hom gestuur om iets te sê.’

21. “Julle sal miskien dink: Hoe sal ons weet wanneer dit die Here is, en wanneer dit nie die Here is wat gepraat het nie?

22. Wanneer ’n profeet sê die Here het hom gestuur om te sê iets sal gebeur, maar dit gebeur nie, dan sal julle weet die Here het dit nie gesê nie, dan het die profeet self gedink hy moet dit sê. Julle moenie bang wees vir wat daardie profeet sê nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 18