Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 12:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle moet hulle altare afbreek, hulle klip-pale stukkend breek, hulle gewyde pale verbrand, en julle moet die beelde van hulle gode omgooi. Niemand op daardie plek moet onthou wie die gode was nie.

4. Julle moenie julle God die Here dien soos daardie volke hulle gode dien nie.

5. Nee, die Here sal ’n plek kies uit al die plekke van die stamme, Hy sal self daar woon. Julle moet vra waar die plek is, en julle moet daarnatoe gaan.

6. Julle moet daar die brand-offers en ander offers bring, en ook julle tiendes en julle presente, julle gelofte-offers en die offers wat julle graag self wil bring, en die eerste kalwers en lammers.

7. Julle God die Here sal by julle wees en julle en julle huisgesinne moet daar eet en feesvier oor alles wat julle gekry het omdat julle God die Here julle geseën het.

8. “Julle moenie in daardie land doen soos ons nou doen nie. Nou doen elkeen wat hyself dink is reg,

9. want julle het nog nie by julle woonplek gekom nie, die land wat julle God die Here vir julle gee.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 12