Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 12:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “Hier is die wette waaraan julle gehoorsaam moet wees in die land wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle gee. Julle moet die land vir julleself vat en julle moet doen wat die wette sê so lank soos julle op die aarde sal lewe.

2. “Julle sal hierdie land vat van die volke wat nou daar woon. Die volke het hulle gode gedien op die hoë berge, op die heuwels en onder elke boom wat altyd blare het. Julle moet al daardie plekke heeltemal verwoes.

3. Julle moet hulle altare afbreek, hulle klip-pale stukkend breek, hulle gewyde pale verbrand, en julle moet die beelde van hulle gode omgooi. Niemand op daardie plek moet onthou wie die gode was nie.

4. Julle moenie julle God die Here dien soos daardie volke hulle gode dien nie.

5. Nee, die Here sal ’n plek kies uit al die plekke van die stamme, Hy sal self daar woon. Julle moet vra waar die plek is, en julle moet daarnatoe gaan.

6. Julle moet daar die brand-offers en ander offers bring, en ook julle tiendes en julle presente, julle gelofte-offers en die offers wat julle graag self wil bring, en die eerste kalwers en lammers.

7. Julle God die Here sal by julle wees en julle en julle huisgesinne moet daar eet en feesvier oor alles wat julle gekry het omdat julle God die Here julle geseën het.

8. “Julle moenie in daardie land doen soos ons nou doen nie. Nou doen elkeen wat hyself dink is reg,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 12