Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 1:26-31 Bybel vir Almal (ABA)

26. “Maar julle wou nie gaan nie, julle was opstandig teen julle God die Here.

27. Julle het in julle tente gesit en kla. Julle het gesê: ‘Die Here haat ons, daarom het Hy ons uit die land Egipte gebring om ons vir die Amoriete te gee sodat hulle ons kan doodmaak.

28. Ons kan nie nou in die land ingaan nie. Die manne wat gaan kyk het hoe die land is, het ons moedeloos laat word, want hulle het gesê daardie mense is groter en sterker as ons, en die sterk mure van hulle stede is so hoog soos die hemel. Hulle het daar ook Enak-mense gesien.’

29. “Ek het vir julle gesê: ‘Nee, julle moenie skrik vir hierdie mense nie, julle moenie bang wees nie.

30. Julle God die Here loop voor julle, Hý sal julle help en Hy sal die oorlog vir julle veg, julle het gesien hoe Hy dit gedoen het in die land Egipte

31. en in die woestyn. Kan julle onthou hoe julle God die Here vir julle gedra het? Hy het julle gedra soos ’n man sy kind dra. Die Here het dit gedoen op die hele pad waarop julle geloop het, tot hier.’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 1