Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 1:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gepraat met die hele volk Israel. Dit was in die woestyn, oorkant die Jordaan-rivier, in die Jordaan-vallei, oorkant die stad Suf. Die stad Paran was langs die een kant, en die stede Tofel, Laban, Gaserot en Di-Sahab was langs die ander kant. Die dinge wat Moses gesê het, is in hierdie boek geskryf.

2. ’n Mens loop elf dae lank op die pad van Horeb-berg na die Seïr-berge, en dan kom jy by die stad Kades-Barnea.

3. Moses het vir die Israeliete alles gesê wat die Here gesê het hy moet vir hulle sê. Dit was in die 40ste jaar nadat hulle uit Egipte gekom het, op die eerste dag van die elfde maand.

4. Dit was nadat Moses vir koning Sihon van die Amoriete en vir koning Og van Basan oorwin het. Sihon het in die stad Gesbon gewoon en Og het in die stad Astarot gewoon.

5. Moses het oorkant die Jordaan-rivier, in die land Moab, begin om vir die Israeliete te verduidelik wat die Here wil hê.

6. Moses het vir hulle gesê: “Ons God die Here het self by Horeb-berg vir ons gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.

7. Julle moet nou weggaan. Julle moet verder gaan na die Bergland van die Amoriete en na die ander lande daar naby, na die Jordaan-vallei, die Bergland, die Laeveld, die Suid-land en die Seekus, die land van die Kanaäniete en die Libanon-berg. Julle moet gaan tot by die groot rivier, die Eufraat-rivier.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 1