Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 6:26-29 Bybel vir Almal (ABA)

26. Koning Darius het toe ’n brief geskryf vir al die volke wat op die aarde woon. Hy het geskryf:“Ek hoop dit sal met julle baie goed gaan.

27. Almal oor wie ek regeer, moet die God van Daniël dien en eer. Ek sê dit.“Hy is die God wat leween Hy sal altyd lewe.Hy sal altyd Koning wees,Hy sal altyd regeer.

28. Hy red mense en maak hulle vry.Hy doen tekens en wonderwerkein die hemel en op die aarde.Hy het vir Daniël gered,die leeus het nie vir Daniël gevang nie.”

29. Dit het goed gegaan met Daniël in die tyd toe Darius koning was en in die tyd toe Kores koning was, Kores, die man van die land Persië.

Lees volledige hoofstuk Daniël 6