Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaanmet die belangrike mensevan die belangrikste volk,die Israeliete.Hulle het gevra hulle leiersmoet hulle help,die leiers wat so lekker woonin Jerusalem,en die mense wat dinkhulle is veilig op Samaria-berg.

2. Gaan kyk wat het gebeurmet die stad Kalneen met die groot stad Hamaten met Gat, die stad van die Filistyne.Hulle was nie sterker as julle nie, Israel en Juda.Hulle land is kleiner as julle land.

3. Julle dink daar is nog baie tyd,julle dink julle sal nie nouswaarkry nie.Julle hou aan om julle mensete laat swaarkry.

4. Julle lê op beddenswat julle mooi gemaak hetmet ivoor,julle sit lekker op julle rusbanke.Julle eet lammers en vet kalwers.

5. Julle maak musiek op ’n harp,julle maak nuwe musiekom te speel, soos Dawid.

Lees volledige hoofstuk Amos 6