Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 2:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Abner seun van Ner, die hoof van Saul se leër, het vir Is-Boset seun van Saul na die stad Maganajim geneem

9. en hy het vir Is-Boset koning gemaak oor die mense van Gilead en Aser en Jisreël en Efraim en Benjamin. Is-Boset was toe koning oor die hele Israel.

10. Is-Boset seun van Saul was 40 jaar oud toe hy koning oor Israel geword het en hy was twee jaar lank koning. Dawid was koning net van die Juda-stam.

11. Hy was sewe jaar en ses maande in Hebron koning van die Juda-stam.

12. Abner seun van Ner en die manne van Is-Boset seun van Saul het van die stad Maganajim na die stad Gibeon gegaan.

13. Joab seun van Seruja en die manne van Dawid het ook gegaan en hulle het vir Abner en sy manne by die Gibeon-dam gekry. Abner en die manne van Is-Boset het aan die een kant van die dam gaan sit, en Joab en die manne van Dawid het aan die ander kant van die dam gaan sit.

14. Toe sê Abner vir Joab: “Kom ons laat die jongmanne eers speel, dan kyk ons.”Joab het gesê: “Goed, hulle mag dit doen.”

15. Toe het twaalf van die manne van Benjamin en Is-Boset en twaalf van die manne van Dawid opgestaan en hulle het vorentoe gekom.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 2