Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 18:31-33 Bybel vir Almal (ABA)

31. Toe kom die Kussiet en hy sê: “Ek bring vir Meneer die koning die goeie nuus dat die Here jou vandag gered het van almal wat opstandig was teen jou.”

32. Toe die koning vir die Kussiet vra of dit goed gaan met die jongman, met Absalom, het die Kussiet gesê: “Ek hoop dat dieselfde wat met die jongman gebeur het, ook sal gebeur met die vyande van die koning en met almal wat opstandig was teen jou.”

33. Die koning het begin bewe en hy het opgegaan na die kamer bo-op die poort. Hy het gehuil en hy het heen en weer geloop en gesê: “My seun Absalom, my seun, my seun Absalom. Ek wens ék was dood, nie jy nie. Absalom, my seun, my seun.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 18