Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 13:34-39 Bybel vir Almal (ABA)

34. Absalom het gevlug.”Die jongman wat waggestaan het, het gesien daar kom ’n groot klomp mense op die pad agter hom, teen die kant van die berg.

35. Jonadab sê toe vir die koning: “Kyk, daar kom die prinse. Dit is wat ek vir die koning gesê het.”

36. En toe Jonadab dit klaar gesê het, het die prinse daar aangekom, en hulle het hard begin huil, en die koning en sy amptenare het ook baie hard begin huil.

37. Absalom het gevlug en hy het na Talmai seun van Ammigur, koning van Gesur, toe gegaan. Dawid het aangehou treur oor sy seun.

38. Absalom het na Gesur gevlug en hy het drie jaar daar gebly.

39. Koning Dawid het nie na Absalom toe gegaan nie, want hy was baie hartseer omdat sy seun Amnon dood is.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 13