Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. Dawid het vir Natan gesê: “Ek het sonde gedoen teen die Here.”Natan sê toe vir Dawid: “Die Here het jou sonde vergewe omdat jy dit gesê het. Jy sal nie sterf nie.

14. Maar jy het dieselfde gedoen wat die vyande van die Here doen, jy het gewys dat jy dink die Here is nie belangrik nie. Daarom sal die seun sterf wat vir jou gebore is. Dit is seker.”

15. Natan het huis toe gegaan. Die Here het die kind siek laat word wat die vrou van Urija vir Dawid gekry het.

16. Dawid het tot God gebid vir die kind en hy het gevas en in sy kamer ingegaan. Hy het die hele nag op die grond gelê.

17. Die amptenare in sy paleis het probeer om hom te laat opstaan van die grond, maar hy wou nie en hy wou ook nie saam met hulle eet nie.

18. Die kind het op die sewende dag gesterf. Dawid se amptenare was bang om vir hom te sê dat die kind dood is. Hulle het gesê: “Toe die kind nog gelewe het, het ons met die koning gepraat, maar hy het nie na ons geluister nie. Ons kan nie nou vir hom sê dat die kind dood is nie. Hy sal miskien ’n verkeerde ding doen.”

19. Dawid het gesien dat sy amptenare fluister en hy het besef dat die kind dood is. Hy vra toe vir sy amptenare of die kind dood is, en hulle het gesê: “Ja, hy is dood.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12