Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 10:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hy het die ander manne vir sy broer Abisai gegee en hy het hulle laat gereedstaan om teen die Ammoniete te veg.

11. Joab het vir Abisai gesê: “As die Arameërs my wen, dan moet jy my kom help, en as die Ammoniete jou wen, dan sal ek jou kom help.

12. Jy moet dapper wees en goed veg vir ons volk en vir die stede van ons God. Die Here sal laat gebeur wat Hy wil hê.”

13. Joab en sy manne het toe begin om oorlog te maak teen die Arameërs, en die Arameërs het weggevlug van hom.

14. Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook weggevlug van Abisai en hulle het ingegaan in hulle eie stad. Joab het toe opgehou oorlog maak teen die Ammoniete en hy het na Jerusalem gegaan.

15. Toe die Arameërs besef dat die Israeliete hulle oorwin het, het hulle almal bymekaargekom.

16. Hadad-Eser het ook die Arameërs laat kom wat oorkant die Eufraat-rivier was. Hulle het bymekaargekom by die stad Gelam, en Sobak, die hoof van Hadad-Eser se leër, het hulle gelei.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 10