Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:16-22 Bybel vir Almal (ABA)

16. die potte, die grawe en die vurke en al die ander gereedskap. Die meester-ambagsman Hiram het dit vir koning Salomo gemaak om in die tempel te gebruik. Hy het dit gemaak van brons wat hy blink gevryf het.

17. Die koning het al die goed laat smelt in die kleigrond tussen die stad Sukkot en die stad Saretan.

18. Salomo het al hierdie goed laat maak. Dit was baie, ja, die brons was te veel, hulle kon dit nie alles weeg nie.

19. Salomo het ook al die goed laat maak wat in die tempel moes kom: Dit was die goue altaar, die tafels vir die offer-brood,

20. die lampstaanders en hulle lampe wat moes brand voor die binnekamer. Salomo het alles van skoon goud gemaak,

21. dit was die blomme en die lampe en hulle goue tangetjies, alles was heeltemal van goud.

22. Die skêre, die bakke, die panne en die vuurbakke was ook alles van skoon goud. Die ingang van die voorste kamer, die binnedeure na die hoog-gewyde kamer en die deure van die voorste kamer was alles van goud.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4