Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo seun van Dawid het koning geword en hy het seker gemaak dat hy koning sal bly. Sy God die Here was by hom. Die Here het hom ’n baie belangrike koning laat word.

2. Salomo het al die leiers van die Israeliete laat roep. Dit was die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, die regters, elke leier in die hele Israel, die familiehoofde.

3. Hy en die hele volksvergadering saam met hom het na die offer-plek in die stad Gibeon gegaan, want die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het, was daar. Dit was die tent wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn laat maak het.

4. Maar die kis van God was op die plek wat Dawid daarvoor laat gereedmaak het. Dawid het die kis voorheen uit Kirjat-Jearim gebring en hy het ’n tent vir die kis in Jerusalem laat opslaan.

5. Die brons-altaar wat Besaleël seun van Uri seun van Gur gemaak het, was in Gibeon voor die tempel-tent van die Here. Salomo en die volksvergadering het daar vir die Here gaan vra wat hulle moet doen.

6. Salomo het na die brons-altaar gegaan wat voor die tent was, voor die Here, en hy het 1 000 brand-offers op die altaar ge-offer.

7. Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Jy mag vir My enige iets vra, Ek sal dit vir jou gee.”

8. Salomo sê toe vir God: “U het gedoen wat U vir my pa belowe het, U het my koning laat word ná hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1