Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 9:28-37 Bybel vir Almal (ABA)

28. Sy amptenare het hom na Jerusalem gebring en hulle het hom begrawe in sy graf by sy voorvaders in die Dawidstad.

29. Ahasia het koning van Juda geword in die elfde jaar nadat Joram seun van Agab koning geword het.

30. Toe Isebel hoor dat Jehu in die stad Jisreël aangekom het, het sy oogverf aan haar oë gesmeer en sy het haar hare mooi gemaak en voor ’n venster gaan staan.

31. Toe Jehu by die poort kom, het Isebel gesê: “Wat is jou probleem? Jy is soos Simri, jy het ook jou koning vermoor.”

32. Jehu het opgekyk na die venster en gevra: “Wie wil vir my help? Wie?”Twee of drie van die paleiswerkers het by vensters afgekyk na Jehu, en hy het gesê: “Gooi Isebel af!”

33. Hulle het haar afgegooi. Haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat, en die perde het haar doodgetrap.

34. Jehu het ingegaan en geëet en gedrink. Daarna het hy gesê: “Julle moet kyk en seker maak dat iemand daardie slegte vrou begrawe, want sy is ’n koning se dogter.”

35. Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, het hulle net haar kopbeen en voete en hande gekry.

36. Hulle het teruggekom en hulle het dit vir Jehu vertel. Jehu het toe gesê: “Dit was die boodskap wat die Here gestuur het saam met sy dienaar Elia van Tisbe. Elia het gesê: ‘Die honde sal Isebel se vleis vreet op die oop stuk grond by Jisreël,

37. en dit wat van haar oorbly, sal wees soos kraalmis op die land hier by Jisreël, niemand sal kan sê dit is Isebel nie.’ ”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 9