Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 9:14-15 Bybel vir Almal (ABA)

Jehu seun van Nimsi het saam met die offisiere planne gemaak om koning Joram dood te maak. Joram was toe in die stad Jisreël om gesond te word, want die Arameërs het hom raakgeskiet en gewond toe hy die stad Ramot in Gilead wou terugvat. Joram en al die manne van Israel het daar geveg teen koning Gasael van Aram. Jehu het vir die offisiere gesê: “As julle wil hê ek moet koning word, dan moet julle seker maak dat niemand hier uit Ramot wegkom om vir die koning in Jisreël te gaan vertel wat ons wil doen nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 9

Kyk 2 Konings 9:14-15 in konteks