Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 7:18-20 Bybel vir Almal (ABA)

18. Dit het gebeur soos die man van God vir die koning gesê het. Hy het gesê: “Môre, hierdie selfde tyd, sal twee sea gars een sikkel kos en een sea koringmeel sal ook een sikkel kos.”

19. Daardie offisier het toe vir die man van God geantwoord en gesê: “Dit wat jy sê, kan nooit gebeur nie, ook nie as die Here vensters in die hemel maak waardeur die reën kan val nie.”En Elisa het gesê: “Jy sal sien dat dit gebeur, maar jy sal nie self van daardie meel of gars eet nie.”

20. En dit het toe so met die offisier gebeur. Die mense het hom doodgetrap in die poort.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 7