Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:16-20 Bybel vir Almal (ABA)

16. Die koning van Babel het 7 000 van die rykste mense weggevat, en 1 000 ambagsmanne en smede. Hulle was belangrike manne en hulle kon almal oorlog maak. Hulle het gevangenes geword en die koning van Babel het hulle weggevat.

17. Die koning van Babel het Jojagin se oom Mattanja koning gemaak en hy het Mattanja se naam verander, hy het hom die naam Sedekia gegee.

18. Sedekia was 21 jaar oud toe hy koning geword het en hy was elf jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Gamutal dogter van Jeremia, van die stad Libna.

19. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos Jojakim.

20. Die Here was so kwaad vir die mense van Jerusalem en Juda dat Hy hulle wou weggooi.Sedekia het opstandig geword teen die koning van Babel,

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24