Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 23:24 Bybel vir Almal (ABA)

Josia het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle kan praat met die geeste van mense wat gesterf het. Hy het ook die mense laat doodmaak wat gesê het hulle weet wat ander mense nie kan weet nie. Hy het die beeldjies en die afgode in Juda en Jerusalem weggevat, al die lelike goed. Hy het alles gedoen wat geskryf is in die wette in die boek wat Gilkija in die tempel gekry het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 23

Kyk 2 Konings 23:24 in konteks