Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Josia was ag jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 31 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Jedida dogter van Adaja, van die stad Boskat.

2. Josia het dinge gedoen waarvan die Here hou. Hy het gelewe presies soos sy voorvader Dawid.

3. In die agtiende jaar nadat Josia koning geword het, het hy sy sekretaris Safan seun van Asalja seun van Mesullam na die tempel gestuur en hy het vir Safan gesê:

4. “Jy moet na die hoëpriester Gilkija toe gaan en vir hom sê hy moet die geld laat tel wat die mense gebring het en wat hulle vir die wagte by die deure van die tempel gegee het.

5. Daarna moet hy die geld gee vir die voormanne wat die werk by die tempel moet laat doen, en hulle moet die geld gee vir die mense wat die tempel moet regmaak:

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22