Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:34-37 Bybel vir Almal (ABA)

34. Ja, Ek sê:“Ek sal hierdie stad beskermen red,Ek sal dit doen vir Myselfen vir my dienaar Dawid.”

35. Die Engel van die Here het daardie nag gekom en Hy het 185 000 soldate in die kamp van die Assiriërs doodgemaak. Toe die Assiriërs vroeg die volgende oggend opstaan, lê al die dooie soldate daar.

36. Koning Sanherib van Assirië het sy tente laat afslaan. Hy het teruggegaan na die stad Nineve en hy het daar gebly.

37. Eendag het hy in die tempel van sy god Nisrok gelê en bid. Sy seuns Adrammelek en Sar-Eser het hom daar met swaarde doodgesteek. Hulle het gevlug na die land Ararat, en Sanherib se seun Esar-Haddon het koning geword ná hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19