Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:15-27 Bybel vir Almal (ABA)

15. Hiskia het tot die Here gebid en gesê: “Here, God van Israel, u troon is bokant die gerubs. U alleen is God van al die lande op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.

16. U moet asseblief luister, U moet hoor, U moet kyk en sien en hoor wat Sanherib sê. Hy het boodskappe gestuur om sleg te praat oor U, die God wat lewe.

17. Here, die konings van Assirië het al die ander volke en hulle lande verwoes, dit is waar.

18. Hulle het die volke se gode in die vuur gegooi. Maar daardie gode was nie waarlik gode nie, mense het hulle gemaak van hout en klip. Daarom het die gode verdwyn.

19. En nou, Here, ons God, beskerm ons asseblief teen die koning van Assirië. Doen dit, sodat al die volke op die aarde kan weet dat U alleen Here is.”

20. Jesaja seun van Amos het vir Hiskia ’n boodskap gestuur. Jesaja het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê Hy het gehoor wat jy gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië.

21. Dit is wat die Here oor Sanherib sê:“Sanherib, die mense van Sionlag vir jou,hulle dink jy beteken niks.Die mense van Jerusalemsteek hulle tong uit vir jou,want jy moet nou weggaan.

22. Oor wie het jy sleg gepraat?Vir wie het jy geskreeen teen wie het jy gespog?Dit was teen die Heilige Godvan Israel!

23. Jy het jou offisiere gestuurom sleg te praat oor die Here.Jy het gesê: ‘Ek het teendie hoogste berge opgerymet my baie oorlogkarre,ek het gery tot bo-opdie Libanon-berg.Ek het die grootste sederbomeafgekap,die mooiste sipresbomeop die berg.Ek het gekom tot opdie hoogste plek op die berg,tot waar die meeste bome is.

24. Ek het putte gegraween water gedrinkin ander lande,ek het al die riviere van Egiptedroog laat word toe ekdeur hulle geloop het.’

25. Maar jy moet weet dat Eklank gelede besluit hetdat jy dit moet doen.Ek, die Here, het lank geledegesê dit moet so wees,en nou het Ek dit laat gebeur.Daarom kon jy stede verwoes,stede wat sterk mure het.Daardie stede is nou nethope klippe.

26. Die mense wat in die stedegewoon het,was nie sterk nie.Hulle het geskrik,hulle het nie geweetwat om te doen nie.Hulle was soos die plantein die veld,soos groen bossies,soos gras op die plat dakvan ’n huis.Die gras word droogen gaan doodvoordat dit goed kan groei.

27. Sanherib, Ek weet alleswat jy doen,wanneer jy sit of gaan of kom.Ek weet ook wat jy allesteen My gesê het.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19