Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe koning Hiskia dit hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere aangetrek en na die tempel gegaan.

2. Die koning het die amptenare Eljakim en Sebna, en die leiers van die priesters na die profeet Jesaja toe gestuur. Jesaja was die seun van Amos. Hulle het rouklere aangehad.

3. Hulle het vir Jesaja gesê: “Hiskia sê hierdie dag is ’n slegte dag, die Here straf ons vandag. Dit lyk of die Here ons gelos het. Dit is soos wanneer ’n baba al amper gebore word, maar sy ma is te swak om die baba te kry.

4. Miskien het jou God die Here gehoor wat die hoof-offisier gesê het. Dit is sy koning, die koning van Assirië, wat hom gestuur het om sleg te praat oor die God wat lewe. Miskien sal jou God die Here die koning van Assirië straf oor wat die koning gesê het. Ons wat nog lewe, is min, maar bid asseblief vir ons.”

5. Toe die amptenare van koning Hiskia by Jesaja kom,

6. sê Jesaja vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê die Here sê: Hiskia, jy het gehoor toe die offisiere van die koning van Assirië sleg gepraat het oor My, maar jy moenie bang wees daaroor nie.

7. Ek sal die koning van Assirië bang laat word. Hy sal ’n boodskap kry en hy sal teruggaan na sy eie land. Daar in sy land sal iemand hom doodsteek.”

8. Die hoof-offisier het teruggegaan. Hy het gehoor dat die koning van Assirië weggegaan het van die stad Lakis en dat hy teen die stad Libna oorlog maak. Die hoof-offisier het die koning by Libna gekry.

9. Die koning het gehoor dat Tirhaka, die koning van die land Kus, kom om oorlog te maak teen hom. Toe die koning dit hoor, het hy boodskappers na Hiskia toe gestuur. Hy het vir die boodskappers gesê

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19