Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 18:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hiskia seun van koning Agas van Juda het koning geword in die derde jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het.

2. Hiskia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Abi dogter van Sagaria.

3. Hiskia het dinge gedoen waarvan die Here hou, soos sy voorvader Dawid ook gedoen het.

4. Dit is hy wat die offer-plekke laat afbreek het. Hy het die klip-pale stukkend gebreek en die gewyde pale afgekap. Hy het ook die brons slang stukkend laat slaan wat Moses in die woestyn gemaak het, want die Israeliete het nog altyd vir die slang wierook gebrand. Hulle het die slang “Negustan” genoem.

5. Hiskia het geglo dat die Here, die God van Israel, sal doen wat Hy gesê het. Daar was voor die tyd van Hiskia en ná sy tyd nie nog ’n koning van Juda soos Hiskia nie.

6. Hy het aangehou om die Here te dien, hy het nie opgehou om dit te doen nie en hy was gehoorsaam aan die wette wat die Here vir Moses gegee het.

7. Die Here was by Hiskia, en dit het goed gegaan met alles wat hy gedoen het. Hiskia het opstandig geword teen die koning van Assirië en hy het opgehou doen wat die koning van Assirië wou hê.

8. Hiskia het die Filistyne oorwin tot by die stad Gasa en die plekke daar naby, hy het elke stad oorwin.

9. In die vierde jaar nadat Hiskia koning geword het, in die sewende jaar nadat Hosea seun van Ela koning van Israel geword het, het koning Salmaneser van Assirië gekom en hy het Samaria van al die kante aangeval.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 18