Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 14:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Amasia seun van Joas het koning van Juda geword in die tweede jaar nadat Joas seun van Joahas koning van Israel geword het.

2. Amasia was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was 29 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma se naam was Jehoaddan, sy was van Jerusalem.

3. Amasia het dinge gedoen waarvan die Here hou, maar hy het nie alles gedoen soos sy voorvader Dawid nie. Amasia het gedoen soos sy pa Joas gedoen het.

4. Amasia het ook nie die offer-plekke afgebreek nie. Die mense het nog op die offer-plekke ge-offer en wierook gebrand.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 14