Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 6:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die kis van die Here was sewe jaar lank in die land van die Filistyne.

2. Toe het die Filistyne hulle priesters en waarsêers geroep en vir hulle gevra: “Wat moet ons doen met die kis van die Here? Sê vir ons wat ons moet saamstuur wanneer ons dit terugstuur na sy plek.”

3. Die priesters en die waarsêers het gesê: “Julle moenie die kis van die God van Israel terugstuur en niks daarmee saamstuur nie. Julle moet vir Hom ’n skuld-offer saam met die kis stuur. Dan sal julle gesond word en dan sal julle weet hoekom Hy julle so swaar laat kry het.”

4. Die Filistyne het gevra: “Wat is die skuld-offer wat ons vir Hom moet stuur?”En die priesters en waarsêers het gesê: “Julle moet vyf goue sere en vyf goue muise saamstuur, want die Filistyne het vyf leiers en hulle was almal ook siek soos julle.

5. Julle moet beelde van die sere maak en ook beelde van die muise wat alles in die land opvreet, en julle moet dit vir die God van Israel gee om Hom te eer. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 6