Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 28:22-25 Bybel vir Almal (ABA)

22. Nou moet jy luister na mý. Ek sal vir jou ’n bietjie kos bring sodat jy kan eet en sterk kan word voordat jy verder gaan.”

23. Maar Saul wou dit nie doen nie, hy het gesê: “Nee, ek sal nie eet nie.”Maar sy manne en die vrou het aangehou sê hy moet eet, toe het Saul geluister na hulle. Hy het opgestaan en hy het op ’n bank gaan sit.

24. Die vrou het ’n vet jong bees by die huis gehad, en sy het dit gou geslag. Sy het meel geneem en geknie en ongesuurde brood gebak.

25. Sy het dit gebring en voor Saul en sy manne neergesit. Hulle het geëet en hulle het dieselfde nag weggegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 28