Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 26:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hoekom jaag jy my? Wat het ek gedoen wat verkeerd is?

19. Meneer die koning, jy moet asseblief nou luister na wat ek sê. As dit die Here is wat vir jou sê jy moet my doodmaak, dan moet ons vir Hom ’n offer bring. Maar as dit mense is, dan hoop ek die Here sal hulle straf, want dit is húlle wat my weggejaag het uit die land van die Here. Dit is húlle wat vir my sê ek moet ander gode gaan dien.

20. Maar jy moenie vir my laat sterf ver van die plek waar die Here is nie. Ek is so onbelangrik soos ’n vlooi, maar die koning van Israel jaag my soos ’n mens ’n voël in die berge jag.”

21. Toe sê Saul: “My seun Dawid, ek het ’n fout gemaak. Jy moet terugkom. Jy het vandag gewys dat my lewe belangrik is vir jou, en daarom sal ek niks aan jou doen nie. Ja, ek was dom, ek het ’n baie verkeerde ding gedoen.”

22. Dawid het geantwoord en gesê: “Hier is die koning se spies, stuur een van die jongmanne om dit te kom haal.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 26