Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 24:17-23 Bybel vir Almal (ABA)

17. Toe Dawid dit klaar vir Saul gesê het, het Saul gevra: “My seun Dawid, is dit jy wat praat?”En Saul het hard begin huil.

18. Hy het vir Dawid gesê: “Jy is reg, ek het verkeerd gedoen. Jy het goed gedoen aan my en ek het slegte dinge gedoen aan jou.

19. Jy het vandag gewys dat jy goed doen aan my. Jy het my nie doodgemaak toe die Here my vir jou gegee het nie.

20. Niemand sal sy vyand vry laat weggaan wanneer hy hom kry nie, maar jy het dit met my gedoen. Ek bid dat die Here goed sal wees vir jou.

21. En nou, ek weet baie goed dat jy koning sal word en dat jy lank koning sal wees.

22. Jy moet vir my belowe dat jy nie my nageslag sal doodmaak en nie my naam sal laat verdwyn uit my familie nie. Die Here moet die getuie wees.”

23. Dawid het dit vir Saul belowe, en Saul het na sy huis gegaan. Dawid en sy manne het opgegaan in die berge.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 24