Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 23:24-28 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die mense van Sif het gereedgemaak en hulle het teruggegaan na Sif voordat Saul gekom het. Dawid en sy manne was toe in die Maon-woestyn. Hulle was in die vallei waar niks plante groei nie, suid van die droë woestyn.

25. Saul en sy manne het vir Dawid gaan soek, maar Dawid het gehoor dat hulle hom kom soek het en hy het afgegaan na die groot klip in die Maon-woestyn. Saul het gehoor dat Dawid daar is en hy het vir Dawid gevolg en gejaag.

26. Saul het teen die een kant van die berg geloop en Dawid en sy manne het teen die ander kant van die berg geloop. Dawid het vinnig geloop om weg te kom van Saul, maar Saul en sy manne het vir Dawid en sy manne van al die kante vasgekeer om hulle te vang.

27. Toe kom daar ’n boodskapper by Saul en hy sê: “Jy moet gou kom, want die Filistyne het in die land gekom en hulle vat alles wat hulle kan kry.”

28. Saul het toe opgehou om vir Dawid te volg en te jaag, en hy het teen die Filistyne gaan oorlog maak. Dit is hoekom die mense daardie plek noem “Die groot klip waar hulle weggegaan het van mekaar.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 23