Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 22:19-23 Bybel vir Almal (ABA)

19. Hy het ook almal in die priesterstad Nob doodgesteek: mans en vroue, kinders en babas, beeste, donkies en skape.

20. Maar Abjatar, een seun van Agimelek, het weggehardloop en hy het nie gesterf nie. Hy het na Dawid toe gevlug

21. en hy het vir Dawid vertel dat Saul die priesters van die Here doodgemaak het.

22. Dawid het vir Abjatar gesê: “Ek het daardie dag geweet dat die Edomiet Doëg daar is en dat hy vir Saul sal vertel. Dit is mý skuld dat jou hele familie gesterf het.

23. Jy moet by my bly, jy moenie bekommerd wees nie. Die man wat vir jou wil doodmaak, wil ook vir my doodmaak, maar jy sal veilig wees by my.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 22